top of page

Kultuur

Everything you can imagine is real. -Pablo Picasso

PHS neem beslis die voortou met kultuur in die Wes-Boland.

Nie net bied ons ‘n verskeidenheid van kulturele aktiwiteite vir ons leerders aan nie, maar presteer ons ook jaarliks ongelooflik op hierdie gebied.

 

Kultuuraktiwiteite sluit in musiek, drama, redenaars, koor, spreekkoor, Die Kanon (skoolkoerant) asook  twee algemene kennisspanne.

 

Ons musieksentrum, met mevv Alison Muller en Komien van der Westhuizen in beheer, bied aan leerders die geleentheid om ‘n wye verskeidenheid musiek-instrumente te leer bespeel, nl. klavier, blokfluit en kitaar. Sang word ook aan leerders gebied.

Musiekleerders word gereeld ingeskryf vir UNISA, Trinity Klavier, blokfluit en sangeksamens, waar uitstekende uitslae behaal word.

Leerders kan ook musiek as vak neem op 'n privaat basis vanaf Gr 7 tot Gr 12.

 

PHS huisves ‘n privaat kunssentrum op ons perseel waar leerders visuele kuns vanaf Gr 7 tot Gr 12 as ‘n vak kan neem.

 

Laerskool drama, met mev Vanessa Luyt in beheer, voer elke jaar ‘n eenbedryf op. Hulle probeer verskeie kere optree:  daar is die jaarlikse Laerskool PHS kultuuraand vroeg in die derde kwartaal, die De Kuilen Laerskool Toneelfees, Wes-Boland Eisteddfod en die Akkedissie Laerskool Toneelfees te Villiersdorp.

 

Leerders kan ook deel in die laerskool- en hoërskoolkore en spreekkore, en neem aan ‘n groot verskeidenheid kompetisies en eisteddfods deel.

bottom of page