![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
---|---|---|---|
![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
![]() |
PHS
Welkom
by
Hoërskool Piketberg
Sedert 1846

Jou voorkeurkeuse vir uitnemende onderrig
Graad R - 12
Welkom
PHS Ysters!
Trots!
Eenheid!
Respek!
Wat maak hierdie gekombineerde, trots Afrikaanse skool aan die voet van die Piketberge die leierskool in die Swartland- en Weskusomgewing?
Is dit ons ongeëwenaarde akademiese rekord? Die feit dat ons ‘n Dinaledi fokusskool is vir uitsonderlike onderrig in wiskunde en fisiese wetenskappe? Of ons volhoubare prestasies op sport- en kultuurgebied? Ons waardes? Is dit ons voortdurende strewe na uitstekende dissipline en respek vir mekaar, vir gesag en leierskap? Ons toegewyde, goedgekwalifiseerde onderwysers? Is dit die skep van geleenthede vir al ons leerders op alle terreine?
JA! en natuurlik duisend keer JA!
Maar PHS is veel, veel meer.
Hier streef ons daarna om die unieke handelsmerk van elke kind te ontdek, te respekteer en te ontwikkel. En omdat die lewe veel groter is as die wenfaktor, is ons fokus op balans en waardering vir die feit dat ons almal uniek en verskillend is. Dat elke persoonlikheid en talent nodig is om die dinamika en groter prentjie van ons skool te vorm. Daarom skep ons hier geleentheid vir persoonlike groei. Hier luister ons na mekaar se opinies. Ons lê klem op lojaliteit, saamstaan, toewyding, respek vir die natuur en ons pragtige omgewing. Hier leer ons die kuns bemeester om met grasie te wen en met waardigheid te verloor - die moed om op te staan en weer te probeer.
Hier smee ons lewenslange vriendskappe en gee ons om vir mekaar. Hier deel ons in die vreugde van prestasie, ondersteun ons, beloon ons, moedig ons aan, berispe ons, troos ons, lag ons en deel ons die hart van die platteland met mekaar en besoekers. Hier werk ons hard, maar verskaf ons genoeg geleentheid vir speel. Hier stap die toekoms van môre nog ongekompliseerd kaalvoet rond.
Ons nooi jou uit om hierin te deel…

Matriekuitslae
2022
100% slaag
