top of page

Sport

In die klas of op die sportveld. Gaan loer gerus op ons bekende Facebook blad.
Wen met grasie, verloor met waardigheid

By PHS beskou ons sport as ’n baie belangrike aspek van ons kinders se skoollewe, aangesien ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves en sport op die platteland ook  heerlike sosialiseringsgeleenthede bied.

 

PHS doen moeite om afrigting van ’n hoë gehalte aan te bied, en kundige ouers word ook ingespan om hiermee behulpsaam te wees.

Afrigtingsklinieke vir amptelike skoolsporte word op ‘n gereelde basis aangebied en ons leerders word aangemoedig om geleenthede aan te gryp wat hul vaardighede verbeter en aan hulle groter blootstelling gee.

 

PHS se amptelike somer skoolsporte:

  • Atletiek

  • Krieket

  • Tennis

  • Swem 

 

PHS se amptelike winter skoolsporte:

  • Rugby

  • Netbal

 

Skaak word ook deurlopend aangebied.

 

PHS-leerders presteer op provinsiale sowel as nasionale vlak in verskeie sportsoorte en druk ons ons stempel deeglik in die Boland af as gedugte kompeteerders.

 

Ons gee ook erkenning aan nie-skoolsport soos ritmiese gimnastiek, ballet, skopboks en karate.

 

bottom of page