© 2016 deur Hoërskool Piketberg.

Leuse, Doelwitte, Ethos & Waardesisteem

Saam maak ons 'n verskil 

 

 

PHS se leuse, Vivat Crescat Floreat, is ‘n Latynse frase wat wêreldwyd deur studente-organisasies as ‘n figuurlike geskenk van een klasmaat aan ‘n volgende aan die einde van ‘n semester of gradeplegtigheid oorgedra word.

 

PHS dra hierdie leuse met trots uit.

 

Ons leuse is ons wens vir ons skool en ons pragtige kinders: mag elkeen LEWE, GROEI EN FLOREER – nou en op hul toekomsreise.

 

May you live, grow and flourish!

 

PHS onderskryf die volgende

  • die morele waardes van eerlikheid, opregtheid, lojaliteit en respek

  • die sosiale waardes van hoflikheid, netheid en vriendelikheid

  • 'n gemeenskaplike trots op ons land, dorp, skool, kultuur en tradisies

  • die nut van toegewyde werk, stiptelikheid, pligsgetrouheid, verantwoordelikheid en selfdissipline

  • die versorging en ontwikkeling van ons liggame en gesondheid

  • 'n gebalanseerde leefwyse deur deelname aan opbouende aktiwiteite

  • die ontsluiting van elke individu se potensiaal

Vivat Crescat Floreat