top of page

Kasteel

Die woord Kasteel is 'n Latynse woord wat vesting beteken. Inderdaad! 'n Tuiste vir ons seuns sedert 1958. 

Vir 'n seun is dit nie altyd maklik om weg van sy ouerhuis te wees nie en daarom maak ons seker dat ons hier soos een groot familie leef waar nuwe seuns vinnig aanpas en almal welkom en belangrik voel.

Dissipline en waardes soos respek, selfdissipline en lojaliteit is ononderhandelbaar en ons voortdurende strewe.

Pret-oomblikke soos die pa-en-seun-braai, swem op warm somersaande, saamkuier en koshuisdanse is deel van die koshuislewe.

Die kombuis, onder leiding van tannie Urica Lambrechts, sorg vir heerlike gekookte kos soos net 'n ma kan gee: sy staan nie verniet as die moederhen van Huis Kasteel bekend nie!

Kom raak deel van die Kasteel familie!

Superintendent

Mnr. Driaan Pretorius 

Tel: 082 327 7475

 

Matrones

Mev. Uricka Lambrechts

Tel: 022 913 1300 / Sel: 071 6487 006

Mev. Chrisna Baard

Tel: 022 913 1300 / Sel: 083 9983 238

bottom of page