top of page

Boodskap van die Skoolhoof

Welkom by PHS waar ons saam 'n verskil maak!

 

Teen die ruwe bergrante van Piketberg, staan die pragtige, historiese skoolgeboue van Hoërskool Piketberg met ‘n skatkis vol stories, ‘n trotse geskiedenis, tradisies en mooi gebruike van meer as 170 jaar.

 

Die waarde daarvan om ‘n Zebra te wees en dit te beleef, is ‘n ervaring op sy eie! Die unieke kenmerke van Zebras om aan te hou, uit te hou, nooit moed op te gee nie en te volhard in alles wat ons aanpak, word onmiddellik aangeleer en uitgeleef.

Dit is wat PHS so lekker maak, die opwinding, die gees, die samehorigheid en die “ek behoort hier”-gevoel van almal wat deur die hekke stap.

Geniet die rit deur die PHS- storie en kry die gevoel van “hier wil ek ook wees”.

Me Mariëtte Koen
Skoolhoof

Tel: 022 913 1134

Epos: skoolhoof@piketberghs.co.za

IMG-20210205-WA0019.jpg
bottom of page